in 1890 gestig

Geskiedenis

Die stigter,
August Behrens

Die saak, Aug Behrens (Edms.) Bpk., die bekende plattelandse famliesaak is in die jaar 1889 deur die Duitse immigrant August Behrens gestig. Die bekende Pretorianse sakeman T. W. Beckett het die jong pionier aangeraai om op die sendingstasie Bethanie, naby Brits, waar sy oom sendeling vir die HerrmannsburgseSendinggenootskap was, 'n besigheid te open. Mnr. Beckett hef vir die begin voorrade op skuld gelewer en hom altyd met raad bygestaan. Die eerste besigheid is in 'n ou huis gedoen. In die laar 1890, nou 75 jaar gelede, is die eerste 'besigheidsgebou vir die firma Aug. Behrens op Bethanie opgerig. Dit het goed gegaan met die besigheid en toe die Anglo Boereoorlog uitgebreek het, was dit 'n gesonde onderneming. Die begin na die Boereoorlog was moeilik, rnaar dit het geleidelik voorwaarts gegaan en in 1904 is twee klein takbesighede in die dorpe Makolokwe en Berseba geopen. In die jaar 1906 is met die besigheid op Kroondal begin. In die gebou wat vandag nog op Mnr. Backeberg se grond, langs die ou poskantoor staan, het die sakeman Somers, van Rustenburg, 'n takbesigheid gehad. 'n Sekere Mnr. Heystek het hier gewerk. Hierdie winkeltjie is in 1906 deur August Behrens senior oorgeneem. Oorkant die straat, op Mnr. H. Lange se grond, was nog 'n winkel, 'n groot nuwe sinkgebou, wat aan Mnre. Rattenberg & Coher behoort het. Toe hulle in 1908 gesIuit is, is die besigheid daarheen oorgeplaas. Vir meer as twintig jaar was daardie sinkgebou Kroondal se winkeI ---- Aug Behrens. August Behrens senior,wat tot 1917 op Bethanie bly woon het en toe op sy plaas Bergheim aan die voet van Magaliesberg gebly het, het verskillende bestuurders vir hierdie tak op Kroondal gehad. Toe sy seuns oud genoeg was, moes hulle die besigheid op Kroondal oorneem. Die oudste seun, Heiny Behrens, wat sy opleiding by die firma T. W. Beckett in Pretoria ontvang het, het vir 'n paar jaar die besigheid op Kroondal bestuur.

Gussi Behrens

Sedert 1916 het die tweede seun August, oom Gussi, soos ons hom vandag ken, oorgeneem. Hy was 'n. hardwerkende, eerlike, besigheidsman en het die saak geweldig uitgebrei. In 1930 kon verhuis word na 'n groter en meer moderne winkelgebou wat hy op sy eie perseel, daar waar die besigheid tot nou toe gewestig was, laat bou het. Aan die begin was die gebou te groot, daar was nie genoeg goedere om die rakke te vul nie, maar die besigheid het gegroei en sornmer gou-gou was die piek alweer te klein en moes aangebou word. Oom Gussi het ook 'n saak op die Platinamyn begin. Hierdie saak is later aan Mnre. Wolpe & Mendelsohn verkoop. Na die tweedeWêreldoorlog het hy ook die houtbesigheid "Kroondal Houthandelaars'' begin, wat later na Rustenburg oorgeplaas en verkoop is.

19??

 

In 1950 het die derde Behrens, Hugo Behrens, die familiesaak oorgeneem. Die besigheid het verder gegroei en waar 'n oop plekkie was, is aangebou, maar die perseel was eenvoudig te klein en in 1965 is besluit om 'n nuwe moderne gebou op die hoek van die Pretoriapad en Platinastraat op te rig. Dit is nou die vierde gebou in Kroondal wat deur die firma Aug.Behrens in gebruik geneem word en weer het die nuwe plek, net soos in 1930, veels te groot gelyk en was daar skaars genoeg goedere om die ruimtes te vul. Nie vertoonvensters in die gewone sin van die woord nie, maar die hele besigheid is die vertoonvenster. Daar is feitlik geen binnemure nie sodat ’n ideale oorsig oor die hele verkoopsruimte verkry kan word. Goedere word op lae verkoopsrakke uitgestal en alles word verkoop op selfbediening en semi-selfbediening. Ook in die nuwe gebou sal probeer word om die karakter van die plattelandse besigheid, wat die boer en sy gesin van alles voorsien, te behou. Daar is nou ook voorsiening gemaak vir 'n gerieflike hoekie waar die dames lekker oor 'n koppie tee of koffie kan sit en gesels of waar boere op 'n reënerige dag kan kom sit: om oor die weer te spekuleer.Voorloopig sal egter nog sonder 'n glasie bier moet konfereer. Verder is 'n toonbank ingebou waar die bank op sekere dae bankdienste sal aanbied. 'n Heeltemal nuwe afdeling wat vir die boere begin is, is ‘n Caltex Boere Depot,waar boere brandstof, lampolie, ghries en olies nou ook teen depotpryse op Kroondal kan koop. Die grootste gedeelte van die ou persele saI vir die berging van kunsmis gebruik word, sodat met groter voorrade ook op hierdie gebied 'n beter diens aan boere verskaf sal kan word.

Maar dit is nie net die boere wat sal baat nie. Daar word ook wel deeglik vir die huisvrou en die res van die gesin gesorg, Mooi glas- en kombuisware was altyd 'n spesialiteit, maar nou in die nuwe gebou kan hierdie mooi goedere netjies uitgestal word en sal hierdie afdeling verder uitgebrei word. Dieselfde geld vir die sagte ware afdelings, wat nou ook deeglik in staat is om te ver toon.
Ons wens firma Aug. Behrens geluk en hoop van harte dat hulle nuwe onderneming ‘n groot sukses sal wees.

 
 

© Aug Behrens (Pty) Ltd  

Home

 

 



Design & Maintenance: Helga Nordhoff